Rafael Nadal tydens die Australiese Ope in 2016 | ||
Volle naam | Rafael Nadal Parera | |
---|---|---|
Bynaam | Rafa The King of Clay The Man from Majorca The Matador[1][2] | |
Land | Spanje | |
Woonplek | Manacor, Majorka, Spanje[3] | |
Geboortedatum | 3 Junie 1986[3] | |
Geboorteplek | Manacor, Majorka, Spanje[3] | |
Lengte | 1,85 m[3] | |
Gewig | 85 kg[3] | |
Afrigter | Carlos Moyá (2016–hede) Marc López (2021–hede) Gustavo Marcaccio (2022–hede)[3] | |
Begin professioneel | 2001[3] | |
Spelstyl | Linkshandig (tweehandig handrughou)[3] | |
Loopbaan-wengeld | $134 946 100 (soos op 9 September 2024)[3] (2de van alle tye)[4] | |
Amptelike webblad | rafaelnadal.com | |
Enkelspel | ||
Loopbaanrekord | 1080–227 (82,6%)[3] | |
Loopbaantitels | 92[3] (5de van die Ope-tydperk) | |
Hoogste rang | No. 1 (18 Augustus 2008)[3] | |
Huidige rang | No. 154 (9 September 2024)[3] | |
Grand Slam-uitslae | ||
Australiese Ope | W (2009, 2022) | |
Franse Ope | W (2005, 2006, 2007, 2008, 2010, 2011, 2012, 2013, 2014, 2017, 2018, 2019, 2020, 2022) | |
Wimbledon | W (2008, 2010) | |
VSA-Ope | W (2010, 2013, 2017, 2019) | |
Groot toernooie | ||
Toereindronde | E (2010, 2013) | |
Olimpiese Spele | Goue medalje (2008) | |
Dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 142–77 (64,8%)[3] | |
Loopbaantitels | 11[3] | |
Hoogste rang | No. 26 (8 Augustus 2005)[3] | |
Huidige rang | No. 862 (9 September 2024)[3] | |
Australiese Ope | 3R (2004, 2005) | |
Wimbledon | 2R (2005) | |
VSA-Ope | HE (2004) | |
Groot dubbelspeltoernooie | ||
Olimpiese Spele | Goue medalje (2016) | |
Laaste opgedateer op: 9 September 2024. |
Rafael "Rafa" Nadal Parera (Katalaans: [rəfəˈɛɫ nəˈðaɫ pəˈɾeɾə], Spaans: [rafaˈel naˈðal paˈɾeɾa]; gebore 3 Junie 1986 in Manacor, Majorka, Spanje) is 'n Spaanse professionele tennisspeler. Hy beklee tans die wêreld se no. 261-posisie[3] en is 'n veertienmalige Franse Ope-enkelspelkampioen (2005-'08, 2010-'14, 2017-'22), tweemalige kampioen by Wimbledon (2008 en 2010), viermalige kampioen by die VSA-Ope (2010, 2013, 2017 en 2019) en twee keer kampioen by die Australiese Ope (2009 en 2022). Hy het altesaam reeds 22 Grand Slam-enkelspeltitels verower.
In 2010 het hy die tweede man in die geskiedenis geword wat vyf Roland Garros-enkeltitels ingepalm het.
Ten spyte daarvan dat hy linkshandig is terwyl hy tennis speel, is Nadal bekend daarvoor dat hy regshandig is terwyl hy dinge in die alledaagse lewe doen soos skryf en gholf speel.